Hendrik Dege, eienaar van Dege Trekkers het begin in die bedryf as Dieselwerktuigkundige in 2001. In 2012 het hy besluit om op sy eie te gaan en het Dege Trekkers oopgemaak. Ons is ‘n baie ervare span wat saam aan ons kliente se behoeftes werk. Ons industrie is Landbou sowel as konstruksie. Ons verkoop nuwe en gebruikte eenhede asook dienste en herstelwerk aan alle eenhede. Ons het ‘n groot verskeidenheid van parte wat ons ook verkoop. Dege Trekkers is tans handelaars van Claas, Tafe, JCB, Orchard Suppliers (wat n reeks van produkte behels) asook BP Implemente.

Ons is doelgerig in wat ons doen en Dege Trekkers het ‘n groot mikpunt vir meganisasie.